Die opvang van bykomende oppervlakwater in Suid-Afrika kan uiters moeilik en duur word.
Dit is volgens die Departement van Water en Sanitasie se direkteur-generaal, doktor Sean Phillips. Phillips het onthul dat die land se daaglikse waterverbruik per capita baie hoër per liter as internasionale vlakke is. Hy het gister aan die media gesê dit is onvolhoubaar, aangesien die land nie ‘n onbeperkte watervoorraad het nie. Phillips sê langtermynmaatreëls moet ingestel word om in die groeiende vraag te voorsien en om te keer dat water ekonomiese groei belemmer.