Suid-Afrikaanse produkte word van sowat R2 miljard se invoertariewe vrygestel danksy die Agoa ooreenkoms met Amerika. Agri SA het in ‘n verklaring gesê dit is om hierdie rede van kardinale belang dat Suid-Afrika deel bly van Agoa, of die Wet op groei en geleenthede in Afrika-handelsooreenkoms. Agri SA het gesê dis belangrik dat gegewe die regering se politiek met Rusland, die land homself nie in ‘n posisie plaas soos Ethiopië, Guinee en Mali wie se aanwysings as begunstigdes van Agoa in November 2021 beëindig is nie. Uitvoer na die VSA het in 2021 sterk gegroei berig Netwerk 24 en die hoogste vlak ooit bereik met $15,5 miljard terwyl invoere op $4,7 miljard gewaardeer is. Motors is Suid-Afrika se derde grootste uitvoerproduk na die VSA en het sedert 2001 met 447% toegeneem.
