Suid-Afrika het gister teruggekap teen Israel in die Wêreldhof-saak oor die konflik in Gasa.
Die Suid-Afrikaanse regering is ontevrede oor die beskuldigings van Israel dat hy sy stryd in die hof namens Hamas voer.
Suid-Afrika het gister kwaai deurgeloop onder Israel se regsverteenwoordigers wat die Suid-Afrikaanse regering as gesante van Hamas beskryf het.
Die Suid-Afrikaanse regering hou vol dat dit nie ʼn bondgenoot van Hamas is nie en verlede jaar gevra het dat oorlogsmisdade van dié organisasie ook ondersoek word.
Die Wêreldhof sal vroeg volgende week sy besluit bekend maak oor Suid-Afrika se versoek dat Israel heeltemal van Gasa onttrek.