President Cyril Ramaphosa het weereens Suid-Afrika se beleid om hom nie aan die kant van sekere lande te skaar nie, herhaal.

Ramaphosa sê Suid-Afrika het die druk weerstaan om by enige wêreldmoondheid aan te sluit, en sal hierby staan.

Maar, het hy bygevoeg, dat Suid-Afrika egter sal voortgaan om ondersteuning te bied aan onderdruktes in verskeie dele van die wêreld.

Suid-Afrika kom steeds vanuit talle oorde onder skoot oor sy hegte bande met onder meer Rusland en China.

Intussen reken die uitvoerende hoof van die Black Business Council, Kganki Matabane, die 15de Brics-beraad sal positiewe resultate vir die Suid-Afrikaanse ekonomie oplewer.

Die beraad begin môre in Sandton, en verteenwoordigers van meer as 40 lande word hier verwag.

Rusland se president Vladimir Putin sal nié die beraad bywoon nie.

Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegetnisneming uitgereik, weens beweerde oorlogsmisdade in Rusland se voortslepende oorlog teen Oekraïne.

Dit is vandag reeds 544 dae sedert Rusland Oekraïne op 24 Februarie 2022 binnegeval het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×