’n Baanbrekersuitspraak van Bloemfontein se Hoogste Hof van Appèl kan groot gevolge vir die Suid-Afrikaanse regering hê, nadat ’n besluit wat tydens Jacob Zuma se presidentskap geneem is, die wit boere van Zimbabwe negatief beïnvloed het.

Agt jaar gelede het die voormalige ANC-leier die proses geblokkeer wat ontheemde boere sou toelaat om vergoeding te eis, na aanleiding van die land se omstrede grondhervormings wat in 2000 deurgevoer is.

Find-It berig die aanvanklike besluit is nou deur die SCA omgekeer. Zuma het tydens ‘n SAOG-tribunaal in 2014 besluit om verrigtinge te sluit.

Dit het meer as 200 Zimbabwiese boere verhinder om geregtigheid te soek, nadat hulle wreed van hul grond gesit is.

Die Hoogste Hof van Appèl het egter beslis dat hierdie stap onwettig was. Die besluit kan die SA-regering nou R2,5 miljard aan vergoedingseise kos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×