Die Departement van Gesondheid sê hy het ‘n bondel a-pokke spesifieke behandeling – bekend as TPOXX – ontvang vir die behandeling van pasiënte wat ernstige gesondheidskomplikasies ervaar as gevolg van a-pokke.
Die departement sê die proses om meer behandeling te verseker, insluitend entstowwe, is reeds aan die gang indien die behoefte ontstaan. Die land het nog ses laboratorium-bevestigde gevalle van a-pokke opgespoor, wat die totale aantal gevalle van 7 na 13 verhoog.