Suid-Afrika gaan nou wéér ‘n poging aanwend om Atul en Rajesh Gupta deur die Verenigde Arabiese Emirate te laat uitlewer.
Samesprekings tussen die twee lande het gelei tot ‘n gesamentlike taakspan wat volgende week oor die uitlewering gaan beraadslaag.
Die Gupta-broers word in Suid-Afrika op aanklagte van geldwassery en bedrog gesoek.
Die regering het reeds miljoene rand bestee om die broers hier voor die hof te kry.
Vrae word ook gevra oor die rol van Saa’d Cachalia, Suid-Afrika se ambassadeur in die VAE.
Kenners meen dit is Cachalia se verantwoordelikheid om Suid-Afrikaanse belange in die VAE te beskerm, maar meen dat dit nie noodwendig gebeur nie.