Suid-Afrika gaan nog ’n groot internasionale geleentheid aanbied. Die VSA het bevestig dat Suid-Afrika die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)-beraad in November sal aanbied. Dié aankondiging is gemaak ondanks onlangse spanning tussen die twee lande oor Suid-Afrika se verhouding met Rusland. Die VSA het Suid-Afrika daarvan beskuldig dat dit Rusland vroeër vanjaar van wapens voorsien het. ’n Ondersoek het egter bevind dat dit nie waar is nie. Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger Katherine Tai sê sy sien uit daarna om Suid-Afrika in November te besoek.
