Die besluit van die Suid-Afrikaanse regering om die land se diplomate uit Israel te onttrek vir “konsultasie” is eintlik net ’n rookskerm van Suid-Afrika om die boodskap aan Israel te stuur dat diplomatieke bande met dié land moontlik verbreek kan word. So ’n stap sal nadelig wees vir Suid-Afrika, het die leier van die VF Plus, Dr Pieter Groenewald, in ‘n verklaring gesê. Daar is sterk ekonomiese bande tussen Suid-Afrika en Israel en die Joodse gemeenskappe skep werksgeleenthede. Om diplomatieke bande met Israel te verbreek, sal hulle nie veel raak nie terwyl Suid-Afrika ’n duur prys sal betaal. Groenewald het gesê dit sal ook die opvatting by Westerse lande versterk dat die ANC-regering hom toenemend skaar by ongure vriende ten koste van die Weste. Die Weste skuld die ANC niks en hierdie voortdurende afjakke gaan nie ongesiens verby die Westerse sentrums van mag nie, het Groenewald gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×