Suid-Afrika sal vir eers op Vlak-3 inperking bly

 Suid-Afrika sal vir eers op Vlak-3 inperking bly

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal vir eers op Vlak-3 inperking bly.

Die dra van gesigsmaskers is nou verpligtend.

Taxi’s word toegelaat om hul passasier-lading tot 100% te verhoog terwyl langafstand-taxi’s nie toegelaat sal word om meer as 70% van hul passasier-lading te vervoer nie.

Ramaphosa sê hulle is ten volle bewus van die uitwerking wat die regulasies wat heringestel word, soos die verbod op alkoholverkope en die aandklokreël op mense se lewens sal hê.

Suid-Afrika se Covid-19 dodetal het die 4 000-kerf verbygesteek.

Met 64 nuwe sterftes wat in Gauteng aangemeld is, 22 in die Oos-Kaap, 15 in die Wes-Kaap en sewe in KwaZulu-Natal, staan die totaal nou op 4 079.

LeandreAdmin@