Die Sentrum vir Risiko-analise sê Suid-Afrika sal waarskynlik ander vorme van sanksies van Amerika uitlok.
Dit, aangesien die verhouding tussen die twee lande gespanne bly. Volgens dié organisasie het president Cyril Ramaphosa versuim om die Amerikaanse president Donald Trump te wys dat Suid-Afrika bereid is om kompromieë aan te gaan.
Die sentrum se Chris Hattingh sê Ramaphosa lok Trump eerder uit en verdubbel die land se buitelandse beleidsbelyning met Amerikaanse vyande.
Hy waarsku dat die land sy handelsvoordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika kan verloor en handelsbeperkings op die regering se skuld in die gesig staar.