John Steenhuisen, leier van die DA, het skuins na een vanmiddag, bekend gemaak dat die ANC, DA en die IVP, ‘n memorandum vir ‘n regering van nasionale eenheid onderteken het.
Steenhuisen het die aankondiging in ‘n regstreekse uitsending gemaak, terwyl die eerste sitting van Suid-Afrika se sewende demokraties-verkose regering aan die gang is.
Die ooreenkoms is eers beklink, nádat vandag se verrigtinge in die Parlement reeds begin het.