Suid-Afrika se aantal Covid-19-verwante sterfgevalle het weer die hoogte ingeskiet

 Suid-Afrika se aantal Covid-19-verwante sterfgevalle het weer die hoogte ingeskiet

Suid-Afrika se aantal Covid-19-verwante sterfgevalle het weer die hoogte ingeskiet, met 164 sterftes wat gister aangeteken is.

52 mense is in Gauteng dood, 46 in die Oos-Kaap en 41 in die Vrystaat.

Kwazulu-Natal het nege pasiënte afgestaan, die Wes-Kaap agt, Limpopo vyf, die Noord-Kaap twee en Mpumalanga, een.

Die totale aantal bekende koronavirus-sterftes staan nou op 18 656.

1 050 nuwe gevalle is aangemeld in die Gesondheidsdepartement se verslagdoeningsperiode die afgelope 24-uur, wat die land se opgeloopte aantal gevalle op 706 304 te staan bring.

LeandreAdmin@