Suid-Afrika se adjunkpresident, David Mabuza, het gister as lid van die parlement bedank én het boonop belsuit om dadelik te laat spaander.

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, se kantoor het dit vanoggend bevestig.

Mabuza, wat tot sy bedanking ’n ANC-LP was, het vroeër aangedui dat hy ook as adjunkpresident gaan bedank.

President Cyril Ramaphosa het dit laat vanoggend bevestig.

Mabuza se bedanking teer nou die pad vir Paul Mashatile, die ANC se adjunkpresident, om die land se volgende adjunkpresident te word wanneer Ramaphosa eindelik sy
kabinet skommel.

Mabuza het die president reeds begin Februarie ingelig van sy voorneme om te bedank.

Hy het glo tydens een van verskeie ontmoetings met Ramaphosa gesê hy wil bedank om plek te maak vir die ANC se nuutverkose adjunkpresident.

Mashatile is reeds verlede maand as ANC-LP ingehuldig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×