Suid-Afrika se ambassadeur in Oekraïne, André Groenewald, het pas in ‘n eksklusiewe onderhoud aan Rosestad-nuus gesê hy en sy vrou is veilig in dié oorloggeteisterde land.
Sy bevestiging kom as groot verligting, nadat minstens 43 Russiese missiele, of missiel-wrakstukke, laasnag oor groot dele van Oekraïne uitgesak het.
Baie hiervan ook oor die hoofstad Kiëv, waar die Groenewalds woon.
Hoewel André en Chrisna reeds op ‘n vreemde manier aan die oorlog “gewoond” moes raak, bly dit volgens hom “maar baie rof” om in ‘n volskaalse oorlogsone te woon en te werk.
Laasnag se missiele-reën is volgens Reuters een van die grootste aanvalle sedert Rusland Oekraïne in Februarie 2022 binnegeval het.