Suid-Afrika se ambassadeur in die oorloggeteisterde Okraïne, het gisteraand laat in ‘n eksklusiewe onderhoud aan Rosestad 100.6FM-nuus gesê dat dit onder die omstandighede goed met hom en sy vrou, Christa, gaan.

André Groenewald het gesê hulle het nou al daaraan gewoond geraak om bomskuiling op te soek wanneer die sirene in die hoofstad Kijif begin loei.

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper trots in die hoofstad en volgens Groenewald is Suid-Afrika se teenwoordigheid hier van kardinale belang, veral gedurende tye soos dié.

Hy het gesê sover hy bewus is, is daar behalwe hy en sy vrou, net nog een ander Suid-Afrikaner in Okraïne.

Humanitêre hulp word van mense in Suid-Afrika ontvang, veral van mense wat oorspronklik van Okraïne is.

Wat die aard en omvang van die oorlog tussen Okraïne en Rusland betref, meen Groenewald dat sosialemedia van elkeen met ‘n selfoon ‘n joernalis maak.

Hy sien ook dat die hoofstroommedia baie dikwels net na sensasie op soek is.

Dit veroorsaak volgens hom dat inligting wat versprei word nie noodwendig die ware stand van sake weerspieël nie.

Inligting wat onjuis is kan katastrofiese gevolge hê wanneer dit by oorlogvoering kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×