Die land se bevolkingsyfer het die 63-miljoen-kerf verbygesteek. Dit verteenwoordig ‘n toename van meer as 800 000 vergeleke Julie 2023. Benewens aansienlike afname in sterftes met geboorte, het die verwagte lewensouderdom ook gestyg. Lewensverwagting vanaf geboorte het sedert 2005 van 53 tot 66-en-’n-half jaar gestyg.

Die 2024-ramings wys ongeveer 27,5% van die bevolking is jonger as 15, terwyl nagenoeg 9,7% 60 jaar of ouer is. 45% van Suid-Afrika se mense woon in Gauteng en KwaZulu-Natal. Met ongeveer 3 miljoen inwoners het die Vrystaat, naas die Noordkaap die minste inwoners uit die nege provinsies.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×