Suid-Afrika se blanke bevolkingsgetalle neem oor jare heen geleidelik af. Volgens data wat Donderdag deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het die blanke bevolkingsgroep in 2021 met meer as 17-duisend afgeneem. Die data toon verder dat die land se blanke bevolking se proporsionele samestelling van die algehele bevolking ook afgeneem het van sewe-komma-agt persent in 2021 tot sewe-komma-sewe persent in 2022. Volgens Statistieke Suid-Afrika speel emigrasie ‘n sleutelrol in hierdie dalende neiging.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×