Die ekonoom, Dawie Roodt, waarsku dat Suid-Afrika se fiskale trajek onvolhoubaar is.

Volgens Roodt spandeer die regering te veel aan goed wat nie produktief is nie.

Hy beklemtoon dat ongeveer 65 persent van staatsbesteding deur salarisse, skulddienskoste en die maatskaplike toelaestelsel verbruik word.

Roodt het met BusinessTech gepraat en aangevoer dat die land ‘n kultuur van staatsafhanklikheid verskans eerder as om ekonomiese selfstandigheid en groei te bevorder.

Intussen berig Newskoop die rand bly stabiel teenoor buitelandse geldeenhede ondanks verlede week se probleme in die wêreldmarkte.

Die plaaslike geldeenheid het veld verloor teenoor die Amerikaanse dollar, Britse pond en die euro ná die handelsoorlog tussen die VSA en China oor die afgelope twee weke.

Die rand het baie verras en stabiel en sterk gebly ondanks spanning met Amerika.

error: Inhoud is beskerm !!