Suid-Afrika se gemiddelde inflasiekoers vir 2022 is teen 6,9% nou die hoogste in 13 jaar.
Deloitte, wêreldleier in strategiese ekonomiese ontleding, het gesê om hoegenaamd ‘n rolspeler in die wêreld-ekonomie te bly, sal Suid-Afrika eenvoudig spoed met die strukturele hervorming van sy ekonomie moet optel.
Verder moet die land hier aan die suidpunt van die Moeder-kontinent ‘n noemenswaardige bydrae lewer tot die planeet se oorskakeling na groen energie.
Suid-Afrika het tot 2014, die grootste ekonomie in Afrika gehad.
Sedertdien kraai Nigerië koning met die grootste en waarskynlik veerkragtigste ekonomie op die vasteland.