Suid-Afrika se in- en uitvoerhandel toon ‘n afname van 8% vir die eerste kwartaal van 2024. Dit aan die hand van data wat deur die Verenigde Nasies-handelsagentskap versamel is.
Die swak prestasie word grotendeels aan die ondoeltreffendheid van Suid-Afrika se hawens toegeskryf. Uit al die lande wat deur die VN-handelsagentskap gemoniteer word, is Suid-Afrika en Japan die enigste twee wat ‘n handelsafname vir die eerste drie maande van die jaar aangeteken het.