Die parlement het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling versoek om hul interlandelike aannemingsbeleid te herevalueer weens kommer wat deur ander lande geopper is. Die departement se woordvoerder, Bathembu Futshane, sê dit kom nadat sommige lande opgehou het om met Suid-Afrika saam te werk weens ontdekkings van onwettige aannemings en verkeerde data. Futshane sê die departement neem maatreëls om hierdie kwessies aan te spreek en ‘n beleidstandpunt sal binnekort uiteengesit word.
