Suid-Afrika se lae ekonomiese groei en stygende skuldlas kan daartoe lei dat sosio-ekonomiese spanning vererger

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika se lae ekonomiese groei en stygende skuldlas kan daartoe lei dat sosio-ekonomiese spanning vererger en beleidshervorming belemmer word.

Huidiglik het Suid-Afrika van die hoogste vlakke van inkomste-ongelykheid in die wêreld.

Volgens data was die ekonomie reeds in resessie voor die coronaviruspandemie in Maart verlede jaar getref het, en het in 2020
met sewe persent ingekrimp.

Volgens Moody’s is Suid-Afrika se kredietprofiel egter gebalanseerd met lae vlakke van buitelandse valuta-skuld en sterk kerninstellings wat in die land se guns tel.

Luidens berigte het die graderingsagentskap vroeër vandeesmaand besluit om nie Suid-Afrika se kredietgraderings te hersien nie.

Moody’s was verlede jaar die laaste van die drie groot graderingsagentskappe om Suid-Afrika af te gradeer tot onder beleggingsgraad.

Luister na potgooie hieronder