Suid-Afrika se landbousektor verwag ‘n goeie uitvoerjaar

Die landbousektor in Suid-Afrika verwag ‘n goeie uitvoerjaar.

Ondanks verskeie logistieke uitdagings sal die sitrusbedryf na verwagting vanjaar sy uitvoerrekord van verlede jaar verbeter.

Na Spanje is Suid-Afrika die tweede grootste sitrus-uitvoerder.

Justin Chadwick, die bestuurshoof van die Sitruskwekersvereniging, sê die plaaslike bedryf het verlede jaar 146-miljoen kartonne uitgevoer en sal hulle vanjaar 12-miljoen kartonne méér oorsee stuur.

Volgens die hoof van bemarking by FNB-Landbou, Dawie Maree, is die heropening van wêreldekonomieë en die groter
vraag na landbouprodukte, uiters voordelig.

Luister na potgooie hieronder