William Smith, legendariese Suid-Afrikaanse wetenskap- en wiskunde-onderwyser het ‘n kort stryd teen kanker verloor. Die 85-jarige word hoog aangeslaan vir sy noemenswaardige bydrae tot die onderwyssektor. Hy was veral bekend vir bekroonde wiskunde- en wetenskaplesse wat hy in die 90’s via die Learning Channel op televisie aangebied het.
Voorts word hy onthou vir baanbrekerswerk gedurende die apartheidsjare, toe hy hom daarvoor beywer het om onderrig oor rasgrense heen, meer toeganklik te maak. Sy dogter, Jessica Smith, sê aan News24 kanker in ‘n gevorderde stadium, is etlike weke gelede by haar pa gediagnoseer. Hy het ten tyde van sy dood in Australië gewoon.