Suid-Afrika se Lloyd Harris het drie plekke in die jongste ATP-toernooi-ranglys geval

 Suid-Afrika se Lloyd Harris het drie plekke in die jongste ATP-toernooi-ranglys geval

Suid-Afrika se Lloyd Harris, het drie plekke in die jongste ATP-toernooi-ranglys geval.

Harris was in goeie vorm in die vroeë deel van 2021 en het tot ‘n nuwe loopbaanhoogtepunt van die 50ste plek gestyg.

Hy was egter die afgelope paar weke nie in aksie nie, wat die 24-jarige Kapenaar drie plekke laat sak het tot 53ste.

Harris was einde Maart laas in die Miami Masters in aksie, waar hy uit sy tweede ronde teen die Spaanse Roberto Bautista Agut ontrek het.

Hy is ook nie onder die deelnemers wat hierdie week se twee toernooie op die ATP-toer in Belgrado en Barcelona gaan speel nie.

LeandreAdmin@