Suid-Afrika se Lloyd Harris sal weens ñ beseerde polsgewrig tot drie weke uit aksie wees

 Suid-Afrika se Lloyd Harris sal weens ñ beseerde polsgewrig tot drie weke uit aksie wees

Suid-Afrika se Lloyd Harris sal weens ñ beseerde polsgewrig tot drie weke uit aksie wees.

Netwerk24 berig Suid-Afrika se voorste tennisspeler moes hom die naweek weens dié besering voor die tweede ronde aan die Miami-ope onttrek.

Hy het in Amerika aangekom as finalis in Dubai die vorige week en sou Vrydag teen die sewende gekeurde Roberto Bautista Agut van Spanje gespeel het.

Harris het ’n uitstekende maand beleef en tot die 52ste plek op die wêreldranglys gevorder nadat hy 2021 in die 90ste posisie begin het.

LeandreAdmin@