Suid-Afrika se moordsyfer het met 11,5% gestyg, nadat 6 424 moorde tussen April en Junie vanjaar geregistreer is. KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap, het die hoogste getal moorde. Dit is volgens die jongste statistieke wat die minister van Polisie, Bheki Cele, vroeër vandag bekend gemaak het. Die minister sê terwyl die moordsyfer op is, was daar egter ‘n afname in sake van seksuele misdrywe. Daar is egter steeds meer as 9 500 verkragtingsake gedurende die oorsigtydperk aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×