Suid-Afrika se mynbousektor is onder die top tien swakste plekke vir mynmaatskappye om te bedryf.
Dit is volgens die Fraser-instituut se jongste opname oor die aantreklikheid van verskillende lande in die mynbousektor.

Volgens die opname is die afname, aan voortdurend veranderende wetgewing en regulasies asook praatjies oor nasionalisering, te wyte.

Intussen sal die 150 onwettige mynwerkers wat verlede week uit ‘n verlate myn in Sabie in Mpumalanga gehaal is, na verwagting eersdaags in die plaaslike hof verskyn.

Die groep het na ‘n drie dae lange operasie van die suideskag af opgekom. Luidens berigte is al die buitelandse burgers, ongedokumenteerd. Vyf-en-negentig is na bewering van Lesotho, 32 van Mosambiek, en 16 is Zimbabwiese burgers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×