Samesprekings oor die lisensiëring van Elon Musk se Starlink-diens in Suid-Afrika is opgeskort nadat president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, gesê het Ramaphosa wil nie besigheid met Musk doen nie.
Nuusflits berig die probleem het ontstaan toe Musk geweier het om aan die wetlike bepalings van BEE in Suid-Afrika te voldoen.
Die onafhanklike regulatoriese liggaam, ICASA het ʼn alternatiewe plan voorgestel waarin Musk sou belê in ondernemings wat aan benadeelde groepe behoort, maar SpaceX het nie op hierdie samesprekings gereageer nie.
Musk het op X gevra hoekom Suid-Afrika openlike rassistiese eienaarskapwette het.
Magwenya het daarop gewys dat Suid-Afrika nie ʼn ooreenkoms met Musk sal aangaan nie, aangesien Musk – volgens hom – rassistiese sienings het en leuens versprei.