Suid-Afrika se nuwe minimum nasionale loon is bekend. Dit styg op 1 Maart tot 25 rand-42 sent per uur. Dit is ʼn persentasiestyging van nege-komma-sewe persent. Die minimumloon geld vir alle werknemers wat nie aan sektorale vasstellings gebonde is nie, wat dus plaaswerkers en huiswerkers insluit. Die nuwe loon is vandag deur die minister van Indiensneming en Arbeid in die Staatskoerant afgekondig.