Ontvoeringsyfers in Suid-Afrika het die afgelope vyf jaar aansienlik gestyg.
Volgens die jongste misdaadstatistieke byna 5 000 ontvoerings tussen Oktober en Desember verlede jaar aangemeld.
Die statistieke toon dat Gauteng die hoogste ontvoeringsyfer het, met amper 2 500 gevalle. Dit word gevolg deur KwaZulu-Natal met 901 aangemelde ontvoerings en die Wes-Kaap met 275.
’n Private ondersoeker, Mike Bolhuis, sê die toename in ontvoerings is te wyte aan sakewedywering, mensehandel, opportunistiese misdade, losprys-eise en politieke of persoonlike vendettas.