Daar is 6 198 mense vanaf 1 April tot 30 Junie 2024 in Suid-Afrika vermoor. Dit is 30 meer moorde as gedurende verlede jaar se ooreenstemmende tydperk.

Senzo Mchunu, minister van polisie, het pas die misdaadstatistieke vir die eerste kwartaal van die 2024/2025-boekjaar bekend gemaak.

Daar is 15% meer pogings tot moord aangemeld, terwyl sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, met 6% toegeneem het.

Hierdie misdaadstatistieke moes gedurende Meimaand reeds bekend gemaak word, maar dit is weens die algemene verkiesing uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×