Volgens Statistieke Suid-Afrika toon die verblyfsektor ‘n reuse 32,1% inkomstegroei, teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Die Departement van Toerisme verwelkom dié merkwaardige tweede kwartaal-groei.
Hy sê dit is veral hotelle in die land wat ‘n groot toename in verblyfaanvraag ervaar.
Die burgerregteorganisasie, AfriForum het dit benadruk dat toerisme, en die land se ekonomie, ‘n noue simbiose is.
Wanneer een toeris die land besoek, is dit voordelig vir die totale ekonomiese waardeketting.
Die Suid-Afrikaanse toerismebedryf is steeds besig om van die Covid-19 pandemie te herstel, maar, dit is die skokkende misdaadkoers wat die toerismebedryf se grootste enkele vyand is.