Die tekort aan slang-teengif raak kritiek in ‘n land waar mense en diere deurentyd deur slange gepik word en dringende mediese sorg benodig word.
Die DA se woordvoerder vir gesondheid, Michele Clarke, het gesê dit is onaanvaarbaar dat die land se voorraad van vyf jaar in so ‘n mate uitgeput is dat dokters en
veeartse spook om hulle pasiënte te red.
Die DA beplan nou om skriftelike parlementere vrae aan die minister voor te lê om vas te stel hoe die tekort by die nasionale gesondheids-laboratorium-diens opgelos kan word.
Clarke het gesê die tekort het nie oornag gebeur nie, en sy glo dit dui op die department se onvermoë om langtermyn-beplanning te doen en om probleme te identifiseer.