Dieregesondheid, asook voedselveiligheid en -sekuriteit is in die gedrang weens ‘n reuse tekort aan veeartse in Suid-Afrika. Uit die nagenoeg 140 veeartse wat jaarliks in Suid-Afrika afstudeer, verlaat minstens 100 die land om groener weiveld te soek.
Mail&Guardian berig by monde van die Suid-Afrikaanse raad vir veeartse, is die skrap van veeartsenykunde van Suid-Afrika se lys van kritieke vaardighede ‘n groot sondebok. Die herinstelling van veeartse op hierdie lys sal help om gekwalifiseerde veeartse te behou, en ook om buitelandse veeartse by te staan wat in Suid-Afrika wil kom praktiseer.