Suid-Afrika se totale aantal Covid-19-gevalle het tot 700-duisend gestyg

 Suid-Afrika se totale aantal Covid-19-gevalle het tot 700-duisend gestyg

Suid-Afrika se totale aantal Covid-19-gevalle het tot 700-duisend-203 gestyg, nadat nog twee-duisend-en-19 nuwe gevalle aangemeld is. Die aantal sterftes staan nou 18-duisend-370 met nog 61 mense wat die afgelope 24 uur die stryd teen die virus verloor het. Gauteng het tot dusver 224-duisend-534 gevalle aangemeld met 121-duisend-49 in KwaZulu-Natal en 113-duisend-954 in die Wes-Kaap. In die Oos-Kaap is 91-duisend-526 mense tot op hede besmet, gevolg deur die Vrystaat met 52-duisend-594 gevalle. Byna 630-duisend mense het reeds die virus oorwin, wat ‘n herstelkoers van nagenoeg 90-persent verteenwoordig.

Gerdie Karstens