Die United Christian Democratic Party, asook die Ekhethu People’s Party, het pas deel van die Veelpartyhandves geword.

Met die jongste toevoegings is die handves nou tien politieke partye sterk.

Die Veelpartyhandves het sy ontstaan in die doelstelling om na afloop van die 2024-algemene verkiesing,

‘n koalisieregering daar te stel, as teenvoeter vir die ANC.

Hoewel steun vir die ANC die afgelope jare aan die afneem is, wys politieke ontleders se data dat die regerende party steeds in die algemene verkiesing die meerderheidstem op hom kan vestig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×