Suid-Afrika se voorbereiding vir die eendag-tuisreeks teen Engeland het ‘n terugslag gekry

 Suid-Afrika se voorbereiding vir die eendag-tuisreeks teen Engeland het ‘n terugslag gekry

Foto: Sky Sports

Suid-Afrika se voorbereiding vir die eendag-tuisreeks teen Engeland het ‘n terugslag gekry toe drie spelers in afsondering geplaas is nadat een speler positief vir die coronavirus getoets het.
Volgens Krieket Suid-Afrika toon nie een van die spelers simptome nie.
Hulle is ook nie geïdentifiseer nie.
Die reeks bestaan uit drie twintig-20 internasionale wedstryde en drie eendagwedstryde.
Geen plaasvervangers is nog bekendgemaak nie, maar twee nuwe spelers sal Saterdag by die groep aansluit.

LeandreAdmin@