Volgens sommige studies kan Suid-Afrika se vraag na water die aanbod met 17 persent teen 2030 oorskry. Dit is danksy korrupsie, wanbestuur, bevolkingsgroei, beurtkrag en die toenemende impak van klimaatsverandering. Om ‘n ramp te vermy, sal Suid-Afrika beleggings in waterinfrastruktuur moet opskerp. Suid-Afrika moet terselfdertyd maatreëls tref om die vraag in toom te hou, wat stygings in pryse met ‘n noemenswaardige marge insluit.
INTUSSEN het die Wes-Kaap R 1,1 Miljard opsy gesit vir ‘n 15-jaar plan om die toekomstige vraag na water te kan bestuur. Premier Alan Winde het gesê hulle voorspel dat die bevolking van Kaapstad gaan verdubbel teen 2030 tot agt miljoen inwoners. Die provinsiale regering het gesê dit is ‘n uitdaging om oplossings te vind vir watertekorte weens klimaatsverandering. Met klimaatsverandering verander reenval-patrone wat langer periodes van droogte tot gevolg het.