Suid-Afrika se werkloosheidskoers het gestyg na 32,5% in die vierde kwartaal van 2020

 Suid-Afrika se werkloosheidskoers het gestyg na 32,5% in die vierde kwartaal van 2020

Statistiek Suid-Afrika het bekend gemaak dat die werkloosheidskoers in die land van 30,8% in die derde kwartaal van 2020 na 32,5% in die vierde kwartaal van 2020 gestyg het.

Volgens ‘n berig deur Netwerk24 is die amptelike getal bekend gemaak, en het 1 397 000 mense hulle werk verloor in 2020 weens die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperkings.

Luidens die verslag het alle sektore van die ekonomie ook minder mense in diens gehad as ‘n jaar gelede, met die formele sektor wat 836 000 minder werknemers gehad het, die informele sektor
met 397 000 minder werkers, landbou met 75 000 minder en private huishoudings met 89 000 minder werknemers.

Die aantal mense wat aktief werk soek het met 507 000 gestyg.

Daar is tans 7 233 000 mense wat aktief soek na werk.

LeandreAdmin@