Suid-Afrika se jongste werkloosheidskoers wys dat minstens 8,4-miljoen mense in die land werkloos is.
Statistieke wat Dinsdag bekend gemaak is, toon ‘n 0,6% toename in werkloosheid vir die tweede kwartaal van die jaar.
Brett Herron, sekretaris-generaal van die Good-party, sê daar moet baie dringend oplossings gevind word vir die land se reuse sosio-ekonomiese probleme.
Volgens Herron is Suid-Afrikaners lank reeds moeg vir leë beloftes.