Die feit dat Suid-Afrika miljoene dosisse COVID-19 entstof aan ander lande op die Afrika-vasteland gaan skenk, word deur baie beskryf as ʼn groot gesondheidsterugslag vir Suid-Afrika. President Cyril Ramaphosa het dié aankondiging gister op ʼn internasionale beraad gemaak. Dit kom aangesien daar klaarblyklik nie genoeg mense in die land is wat die entstof wil benut nie. Die president het gesê Suid-Afrika gaan vyf miljoen dosisse van die Pfizer-entstof en 10 miljoen dosisse van die Johnson&Johnson-entstof aan lande skenk wat sukkel om toegang tot entstof te kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×