Suid-Afrika skuif na ‘n aangepaste vlak 3 binne die nasionale inperking

Op dag 486 van die nasionale inperking weens Covid-19, het president Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig dat die land na vlak 3, met onmiddellike effek, sal skuif.

Die dra van maskers in publieke areas is te alle tye steeds verpligtend.

Die aandklokreël geld vanaf 10-uur saans tot 4-uur soggens.

Restaurante en kroeë mag oop wees, maar moet om 9-uur saans sluit.

Binnenshuis mag 50 mense vergader, en in die buitelug 100.

Alle plekke, en dit sluit restaurante en kroeë in, mag slegs 50% kapasiteit toelaat.

Begrafnisse mag steeds slegs deur ‘n maksimum van 50 mense bygewoon word.

Alkohol mag vanaf Maandag tot Donderdag verkoop word, ook in restaurante.

Interprovinsiale reise word weer toegelaat.

En skole heropen vandag.

Luister na potgooie hieronder