Suid-Afrika skuif vandag na ‘n aangepaste vlak 4 van die nasionale inperking

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat Suid-Afrika vanaf vandag, vir minstens veertien dae sal beweeg na ‘n aangepaste vlak 4 van die nasionale inperking.

Alle drankverkope word gedurende hierdie tyd verbied.

Restaurante mag slegs wegneemetes en afleweringsetes beskikbaar stel.

Alle byeenkomste, behalwe begrafnisse wat beperk word tot 50 persone, word verbied.

Die aandklokreël geld vanaf 9-uur saans tot 4-uur soggens.

Ontspanningsreise na en van Gauteng word verbied.

Die winterskoolvakansie word vervroeg, en skole moet vanaf Woensdag sluit.

Alle tersiêre instellings sluit ook Woensdag.

En besoeke aan ouetehuise sal beperk word.

Luister na potgooie hieronder