Die soektog na ‘n nuwe Openbare Beskermer, of OB, vir Suid-Afrika, is vandag amptelik van stapel gestuur.

Advokaat Busisiwe Mkhwebane, wat hangende ’n artikel 194-proses in die parlement geskors is, se termyn van sewe jaar as OB, verstryk op 14 Oktober.

Cyril Xaba, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat kandidate vir aanstelling as OB moet benoem, het vroeër vandag gesê die aansoek- en benoemingsproses sal tot 7 Julie duur.

Volgens Xaba sal alle kandidate wat ’n kortlys haal, aan streng prosesse onderwerp word, wat onder meer geskiktheidskeuring insluit.

Hy het gesê die wettigheid van aansoekers se kwalifikasies sal ook uiters noukeurig nagegaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×