Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het vanoggend tydens ‘n perskonferensie gesê daar sal geen beurtkrag vir Kersfees wees nie, maar dit is net tydelik. Hy het gewaarsku as alles vlot verloop sal Suid-Afrikaners die Kerstyd sonder beurtkrag kan wees maar dit sal net ‘n tydelike verligting wees. Maroela Media berig hy het Eskom se vermeerderde kapasiteit toegeskryf aan groot ondernemings en fabrieke wat vir die feestyd gesluit het. Die verminderde druk op die stelsel het daartoe gelei dat beurtkrag vir eers opgeskort is. Ramokgopa het gesê Eskom-werkers sal onverpoos deur die feestyd werk om te verseker daar word by die doelwitte van die aksieplan gehou. Die aksieplan fokus aggressief op onderhoudswerk. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×