Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, of Saftu, het sy kommer oor die immer stygende werkloosheid in die land uitgespreek.
Werkloosheid onder jongmense is veral vir hom ‘n groot bron van kommer.
Saftu het dit uitgelig die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname toon dat werkloosheid onder die jeug tot ‘n steierende 71,2% gestyg het.
NewsKoop berig Suid-Afrika se algehele werkloosheidsyfer staan hiervolgens nou op 42,4%.
Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, het gesê die vakbond stel ‘n werkswaarborgskema en ‘n basiese inkomstewaarborg voor vir werklose mense,
asook vir swak betaalde werkers.
Suid-Afrika is steeds een van die lande met die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld.