Die Wêreldhof sal na verwagting Vrydag ‘n uitspraak lewer oor of hy jurisdiksie het om ‘n saak van volksmoord teen Rusland aan te hoor wat deur Oekraïne in 2022 teen hom geloods is. Rusland het beswaar gemaak teen hierdie bewerings en het die jurisdiksie van die hof bevraagteken om die aangeleentheid aan te hoor.
Die hof se uitspraak sal kom net ‘n week nadat dit met Suid-Afrika ooreengekom het dat hy jurisdiksie het om ‘n soortgelyke saak teen Israel aan te hoor oor die moord op meer as 25-duisend Palestyne in Gaza. Terwyl 32 lande Oekraïne se saak gesteun het, is Suid-Afrika nie een van hulle nie.