Suid-Afrika uit die Top10 lande met Covid-19 gevalle

Suid-Afrika het tot elfde plek teruggesak op Worldometer se lys lande met die meeste Covid-19-gevalle.

Die land het die afgelope weke voortdurend minder as 10 000 besmettings per dag aangemeld.

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die herstelkoers staan tans op 90% en meer as vier miljoen toetse is reeds uitgevoer.

Frankryk het Suid-Afrika nou verby gesteek.

Amerika bly eerste op die lys met meer as 200 000 gevalle, gevolg deur Indië.

83 nuwe sterfgevalle is aangemeld, wat die land se totale bekende dodetal op 17 863 te staan bring.

In die Vrystaat is daar die afgelope 24 uur 43 mense dood, met 17 in die Oos-Kaap, elf in Gauteng, sewe in die Wes-Kaap, drie in Noordwes en twee in KwaZulu-Natal.

Die aantal nuwe infeksies staan op 888 wat die totaal op byna 624 660 te staan bring.

Luister na potgooie hieronder